Guildford | |
---|---|
Stad & Borough | |
Koördinate: 51°14′07″N 0°34′29″W / 51.23528°N 0.57472°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Engeland |
Graafskap | Surrey |
Bevolking | |
• Totaal | 66 773 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | GU1-4 |
Skakelkodes | 01483 |
Guildford (uitgespreek /ˈɡɪlfɘ(r)d/) is die graafskaphoofstad (Engels: county town) van die graafskap Surrey, wat in die suide van Engeland geleë is. In die 2001-sensus het die stad 'n bevolking van 66 773 gehad.
Guildford lê in 'n vallei van die Weyrivier waar die rivier deur 'n kloof in die North Downs vloei. Die stad is ongeveer 45 km van Londen af en deesdae is die suidwestelike hoek van die statistiese streek vir Greater London. Sedert die middeleeue het die hoofpad tussen Londen en Portsmouth deur hierdie kloof gegaan met die gevolg dat die stad een van Londen se verdedigingposte was en 'n kasteel is ook hier gebou.[1] Gedeurende die Victoriaanse tydperk, met die bou van die Londen–Portsmouth en die Reading–Ashford, Kent spoorweë deur die kloof word Guildford 'n groot spoorwegaansluiting.